From Wikipedia, the free encyclopedia
Varswatervisse spandeer meeste of al hul leeftyd in varswater, soos riviere en mere, met 'n soutgehalte van minder as 0.05%. Hierdie omgewings verskil op vele maniere van seetoestande, die mees voor-die-handliggende die verskil in soutgehalte. Om in varswater te kan oorleef, moes hierdie visse 'n verskeidenheid fisiologiese aanpassings ondergaan.
41.24% van al die bekende visspesies word in varswater aangetref. Dit is hoofsaaklik as gevolg van die vinnige spesievorming dat die verspreide habitatte dit moontlik maak. Wanneer damme en mere ter sprake is, kan 'n mens gebruik maak van die dieselfde basiese spesiemodel as met die bestudering van eilandbiogeografie.
Varswatervis verskil fisiologies van soutwatervis in verskeie opsigte. Hul kieue moet in staat wees om opgeloste gasse op te neem, terwyl die soute in die liggaamvloeistowwe behoue moet bly. Hul skubbe verminder waterdiffusie deur die vel: varswatervis wat te veel skubbe verloor, sal doodgaan. Hulle het ook goedontwikkelde niere om soute te herwin uit liggaamvloeistowwe voor uitskeiding.
Die hengelaars in die Verenigde State klassifiseer varswaterspesies gewoonlik volgens die temperatuur van die water waarin hulle leef. Die watertemperatuur beïnvloed die beskikbare suurstof omdat koue water meer suurstof bevat as warm water.[1]
Kouewatervisspesies oorleef in die koudste temperature, en verkies 'n watertemperatuur van 10–16 °C (50 tot 60 °F). In Noord-Amerika is daar plekke met lugtemperature wat genoeg kouewatertemperature veroorsaak in die noorde van die Verenigde State, Kanada, en in die suidelike Verenigde State van Amerika teen hoë hoogtes. Algemene kouewatervis sluit forel, reënboogforel, en bruinforel in.
Warmwatervisspesies kan oorleef in 'n wye verskeidenheid van toestande, en verkies 'n watertemperatuur rondom 27 °C (80 °F). Warmwatervis kan in koue wintertemperature oorleef in die noordelike streke, maar gedy in warmer water. Algemene warmwatervis sluit babers, grootbekbaars, blouwang-sonvis en baie ander spesies van die Centrarchidae-familie in.
Koelwatervisspesies verkies watertemperatuur tussen die kouewater en warmwaterspesies, ongeveer 16–27 °C (60 tot 80 °F). Hulle word oor die hele Noord-Amerika gevind, behalwe vir die suidelike gedeeltes van die Verenigde State. Algemene koelwaterspesies sluit muskellunge, noordersnoek, breëbekbaars en Amerikaanse geelbaars in.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.