cover image

Vatikaanstad

From Wikipedia, the free encyclopedia

Die Vatikaan of Vatikaanstaat, amptelik die Staat van die Vatikaanstad (Italiaans: Stato della Città del Vaticano, [ˈstaːto della tʃitˈtaddel vatiˈkaːno]; Latyn: Status Civitatis Vaticanæ, [ˈstatus tʃiviˈtatis vatiˈkane]), is 'n klein soewereine staat met 'n ingeslote gebied (enklawe) binne die stadsgebied van Rome, Italië as sy staatsgebied. Omdat dit regeer word deur die Biskop van Rome, die Pous, kan die regering daarvan beskryf word as ekklesiasties en die hoogste staatsampte word volgestaan deur kerklikes. Die Vatikaan is die laaste absolute (en elektiewe) monargie in Europa waar die pous as staatshoof volgens artikel 1 van die grondwet wetgewende, uitvoerende en regterlike gesag het.[6] Al is dit nooit toegepas nie, is die doodstraf eers in die 1960's afgeskaf.

Kaart van die Vatikaanstad
Nagaansig van die Sint Pieterkatedraal
Uitsig oor Sint Pietersplein (Bernini se 17de eeuse Piazza San Pietro bestaan uit twee pleine wat met mekaar verbind is: die elliptiese Piazza obliqua met doriese kolonnades aan weerskante wat gelowiges soos die Kerk se beskermende hande simbolies omsluit en waaraan 'n trapesoïdale voorplein aansluit, die Piazza retta) en die 20ste eeuse Via della Conciliazione
'n Soldaat van die 2° Reggimento Genio Guastatori patrolleer in Augustus 2019 die Via della Conciliazione ("Straat van Versoening") wat oorspronklik in 1936 deur Benito Mussolini beplan en in 1950 ingewy is. Dit verbind die Vatikaanstad met die Castel Sant'Angelo en die Centro Storico of historiese middestad van Rome
Quick facts: ...
Staat van die Vatikaanstad
Stato della Città del Vaticano (Italiaans)
Vlag Wapen
Volkslied: Inno e Marcia Pontificale
(Italiaans vir: "Pouslike volkslied en mars")
Hoofstad Vatikaanstad

41°54′N 12°27′O

Grootste stad Vatikaanstad
Amptelike tale Italiaans, Latyn
Regering




• Soewerein
• Staatsekretaris
• President van die regering
Kerklike;[1]
priesterlike-monargiese;[2]
absolute monargie;[3]
elektiewe monargie;[4]
elektiewe teokrasie.[5]
Pous Franciskus
Pietro Parolin
Fernando Vérgez Alzaga
Onafhanklikheid
Onafhanklikheid
• Lateraanse Verdrag

van Italië
11 Februarie 1929
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
0,49 km2  (249ste)
0,19 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - April 2017-skatting
 - Digtheid
 
453[1] (240ste)
924 / km2 (12de)
2 393,1 / myl2
Geldeenheid Euro (€) (EUR)
Tydsone
 - Somertyd
MET (UTC+1)
MEST (UTC+2)
Internet-TLD .va
Skakelkode +379
Close

Die moderne tuiste van die Pous is die kleinste onafhanklike nasie in die wêreld in terme van oppervlakte en bevolking wat in sy huidige vorm volgens die Verdrag van Laterane, wat op 11 Februarie 1929 met die Italiaanse regering gesluit (en op 18 Februarie 1984 hersien) is, geskep is. Die verdrag waarborg die onafhanklikheid en soewereiniteit van die Heilige Stoel.

Die Vatikaanstad is die enigste staat ter wêreld met Latyn as ampstaal (alhoewel Italiaans as tweede ampstaal de facto die mees gebruikte idioom vir byna alle vorme van mondelinge en skriftelike kommunikasie is). Dit is die territoriale setel van die Heilige Stoel, die institusionele entiteit verteenwoordig deur die Pous, die Biskop van Rome, en daarom ook die hoof ekklesiale setel van die Rooms-Katolieke Kerk van beide die ooste en die weste. Die Vatikaanstad is in 1984 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys. Die Vatikaanse Musea (Musei Vaticani) huisves van die voorste kunsversamelings ter wêreld wat jaarliks deur sowat vier miljoen besoekers besigtig word. Die Vatikaanse Biblioteek met een miljoen boeke en honderdduisende manuskripte en ander dokumente van historiese belang word onder die grootstes en belangrikstes ter wêreld gereken. Sy versamelings is nogtans net toeganklik vir wetenskaplikes wat unieke werke wil bestudeer.

Buite die Vatikaanstad het die pouslike somerresidensie in Castel Gandolfo met 60 hektaar (sowat 25 km buite Rome geleë en tans 'n museum) en enkele kerke en paleise in Rome eksterritoriale status. Die laasgenoemdes dien as die ampsetels van dikasterieë (departemente) of ander strukture en liggame wat ondergeskik is aan die Romeinse Curie.