Vier temperamente
From Wikipedia, the free encyclopedia
Vier temperamente is 'n proto-sielkundige teorie wat daarop dui dat daar vier fundamentele persoonlikheidstipes is, naamlik sanguinies (optimisties en sosiaal), choleries (kort van draad of prikkelbaar), melancholies (analities en stil), en flegmaties (ontspanne en rustig). Die meeste formulerings sluit die moontlikheid van kombinasies van die tipes in.
Die Griekse geneesheer Hippokrates (c. 460 – c. 370 v.C.) het die vier temperamente as deel van die antieke mediese konsep van humores by sy mediese teorieë geïnkorporeer, naamlik dat liggaamsvloeistowwe menslike karaktertrekke en gedrag beïnvloed. Latere ontdekkings in biochemie het tot die verwerping van die teorie van die vier temperamente gelei. Sommige persoonlikheidstipestelsels van wisselende wetenskaplike inslag maak egter steeds van vier of meer soortgelyke kategorieë gebruik.