Vliegtuigontvoering 'Landshut'
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Landshut, was 'n Duitse Lufthansa-vliegtuig wat op 13 Oktober 1977 tydens vlug LH181 vanaf Palma de Mallorca, Spanje, na Frankfurt am Main, Duitsland, deur die Rote Armee Fraktion geskaak is. Die skaking was deel van 'n reeks gebeure wat as die Duitse Herfs bekend staan. Die kaptein, Jürgen Schumann, is in Aden (Jemen) deur die terroriste doodgeskiet en uit die vliegtuig gegooi.
Op 18 Oktober 1977 is al die ander 86 gyselaars deur 'n Duitse spesiale eenheid GSG 9 onbeseer bevry; slegs 'n enkele terroris (van vier - 2 mans en 2 vroue) aan boord oorleef die insident.
Deur die sukses van die operasie word die tot-hede-onbekende Duitse spesiale eenheid, GSG 9, skielik internasionaal bekend.
Die vliegtuig, 'n Boeing 737-230C met die reeksnommer 20254-230 en die Duitse kenteken D-ABCE, was tot 1985 in die Duitse lugdiens Lufthansa se diens en doen later by verskeie instansies in Indonesië en Maleisië diens, laastens by die Brasiliaanse lugdiens TAF Linhas Aéreas as 'n vragvliegtuig onder die kenteken PT-MTB. Die naam "Landshut" word nog steeds deur Lufthansa gebruik vir 'n Airbus A330.[1]
Om die Britse regering te bedank vir hulle ondersteuning, het die Wes-Duitse regering hulle eie voorstel van die beplande kernfusie-eksperiment, "Joint European Torus", in Garching by München op die perseel van die Max Planck-instituut vir plasmafisika te bou, teruggetrek en eerder tot die Britse voorstel in Culham ingestem.[2]