terroriste groep in Wes-Duitsland From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Rote Armee Fraktion ("Rooi Leër Faksie", kort RAF), aanvanklik deur sommige media ook "Baader-Meinhof-bende" of "Baader-Meinhof-groep" genoem, was 'n linkse terreurgroep wat tussen 1970 en 1998 in Duitsland aktief was. Dit is deur Andreas Baader, Gudrun Ensslin, Horst Mahler, Ulrike Meinhof en ander lede gestig.
Die RAF het ditself as kommunistiese, anti-imperialistiese stedelike guerilla-organisasie volgens die Suid-Amerikaanse voorbeeld van die Tupamaros in Uruguay beskou. Die RAF was verantwoordelik vir 34 moorde, talle bankrooftogte en bomaanslae. In 1998 het hulle 'n persverklaring uitgereik waarin hulle hul selfontbinding aangekondig het. Tot daardie tydstip het ook 27 lede en simpatisante van die RAF hul lewens as gevolg van polisie-optrede, selfmoord, hongerstaking of siekte verloor.[1]
Datum | Plek | Aksie | Opmerkings |
---|---|---|---|
11-05-1972 | Frankfurt am Main | Bomaanval op 'n kaserne van die VSA in Frankfurt am Main | 1 dood, 13 gewond |
12-05-1972 | Augsburg en München | Bomaanval op 'n politiekekantoor in Augsburg en die LKA in München | 5 gewonde polisiebeamptes |
16-05-1972 | Karlsruhe | Bomaanval op die motor van regter Buddenberg | Sy vrou bestuur die motor en is verwond |
19-05-1972 | Hamburg | Bomaanval op Uitgewery Axel Springer, uitgewer van o.a. die Bild-Zeitung | 17 gewond |
24-05-1972 | Heidelberg | Bomaanval op die Europese hoofkwartier van die Amerikaanse Leër | 3 dood, 5 gewond |
25-04-1975 | Stockholm | Besetting van die Duitse ambassade, moord op Andreas von Mirbach en dr. Heinz Hillegaart | 4 dood, waarvan 2 terroriste |
07-04-1977 | Karlsruhe | Skote gevuur op regter Siegfried Buback | Die chauffeur en 'n medewerker van justisie word ook doodgeskiet |
30-07-1977 | Oberursel (Taunus) | Die direkteur van die Dresdner Bank, Jürgen Ponto, word tydens 'n poging tot ontvoering in sy huis gedood | |
05-09-1977 t/m 18-10-1977 | Keulen resp. Mulhouse | Ontvoering van werkgewersvoorsitter Hanns-Martin Schleyer, Schleyer word uiteindelik deur die RAF doodgeskiet | 3 polisiebeamptes en die motorbestuurder word gedood tydens die ontvoering |
13-10-1977 | Mogadishu | Kaping van Lufthansa-vlug 181 | 1 dood: gesagvoerder Schumann van die Landshut |
25-06-1979 | Bergen - België | Bomaanval op die motor van NAVO-opperbevelvoerder Alexander Haig | 3 gewonde lyfwagte |
09-07-1986 | Straßlach-Dingharting | Skote gevuur op Siemens-bestuurder Karl Heinz Beckurts en bestuurder Eckhard Groppler | |
30-11-1989 | Bad Homburg vor der Höhe | Bomaanval op bankier Alfred Herrhausen | Saak onopgelos |
01-04-1991 | Düsseldorf | Skote gevuur op Detlev Karsten Rohwedder, hoof van die Treuhandanstalt, in sy huis in Düsseldorf |
Saak onopgelos |
27-03-1993 | Weiterstadt | Aanval met plofstof op die nuwe gebou van 'n gevangenis | Saak onopgelos, geen gewondes, skade: 123 miljoen DM |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.