Vlieland
From Wikipedia, the free encyclopedia
Vlieland is vanuit die weste die tweede bewoonde Nederlandse Waddesee-eiland, en lê in die provinsie Friesland. In vroeëre tye was Vlieland 'n deel van die gewes Texla. Die eiland is 'n gebiedsdeel van die gelyknamige munisipaliteit Vlieland. Aan die westekant van die eiland lê Texel en aan die ooste Terschelling.
Kitsfeite Vlieland Flylân, Land ...
Vlieland Flylân | |
---|---|
Munisipaliteit | |
Vuurtoring in Vlieland | |
Ligging van Vlieland in Friesland-provinsie | |
Kaart van Vlieland-munisipaliteit | |
Koördinate: 53°15′N 4°57′O | |
Land | Nederland |
Provinsie | Friesland |
Regering | |
• Burgemeester | Michiel Schrier (SP) |
Oppervlak | |
• Totaal | 315,80 km2 (121,93 vk. myl) |
• Land | 39,15 km2 (15,12 vk. myl) |
• Water | 276,65 km2 (106,82 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 1 196 |
• Digtheid | 31/km2 (80/vk. myl) |
1 Januarie 2022 | |
Tydsone | UTC+1 (IST) |
• Somertyd | UTC+2 (IDT) |
Poskode | 8899 |
Skakelkodes | 0552 |
Bestuurlike sentrum | Oost-Vlieland |
Webwerf | www.vlieland.nl |
Sluit
Die munisipaliteit Vlieland tel sowat 1 200 inwoners (2022). Met 31 inw/km² land is Vlieland na Schiermonnikoog die ylbevolkste munisipaliteit van Nederland.
Die eiland se hoogste punt is 45 m hoog.