Vrouekeur
From Wikipedia, the free encyclopedia
Vrouekeur is 'n Afrikaanse tydskrif wat weekliks (50 keer per jaar) deur Caxton Magazines uitgegee word. Vrouekeur het in 1949 ontstaan en was destyds 'n maandblad in sakformaat wat onder die titel Keur gepubliseer is. In 1999 is dit na die Vrouekeur hernoem. Die tydskrif se sirkulasie in die eerste kwartaal van 2016 was 59 874, vergeleke met 65 168 'n jaar vantevore.[1]