Vulkanisme
verskynsels en prosesse wat verband hou met die werking van vulkane, geisers en fumarole / From Wikipedia, the free encyclopedia
Vulkanisme (of vulkanisiteit) is die verskynsel dat gesmelte gesteentes (magma) op die oppervlak van die Aarde of 'n ander soliede planeet of 'n maan, uitgewerp word waar lawa, piroklaste en gasse deur 'n opening in die oppervlak breek.[1] Dit sluit alle voorvalle in wat spruit uit die opstoting van magma deur die kors of mantel van die liggaam en die vorming van vulkaangesteentes op die oppervlak, asook alle voorvalle wat dié verskynsel veroorsaak.