Vyf Dinastieë en Tien Koninkryke
tydperk in die Sjinese geskiedenis / From Wikipedia, the free encyclopedia
Vyf Dinastieë en Tien Koninkryke (Chinees: 五代十国, Wǔdài Shíguó) was ’n tydperk van politieke omwenteling in China van 907 tot 960/979 n.C., tussen die val van die Tang-dinastie en die stigting van Song. In dié tyd het vyf dinastieë mekaar vinnig in die noorde opgevolg en meer as 12 onafhanklike state is gestig, veral in die suide. Net 10 word gewoonlik genoem, vandaar die naam "Tien Koninkryke" vir dié era.
Die Vyf Dinastieë was:
- Latere Liang (1 Junie 907–923)
- Latere Tang (923–936)
- Latere Jin (936–947)
- Latere Han (947–951 of 979)
- Latere Zhou (951–960)
Die Tien Koninkryke was:
- Wu (907–937)
- Wuyue (907–978)
- Min (909–945)
- Chu (907–951)
- Suidelike Han (917–971)
- Vroeëre Shu (907–925)
- Latere Shu (934–965)
- Jingnan (924–963)
- Suidelike Tang (937–975)
- Noordelike Han (951–979)
Ander regerings in dié tyd was Yan, Qi, Zhao, Yiwu Jiedushi, Dingnan Jiedushi, Wuping Jiedushi, Qingyuan Jiedushi, Yin, Ganzhou, Shazhou en Liangzhou.