taalgroep van die Sino-Tibettaanse taalfamilie From Wikipedia, the free encyclopedia
Chinees (Vereenvoudigde Chinees: 汉语, Tradisionele Chinees: 漢語, Pinyin: Hànyǔ, letterlik: "Han-taal" of 中文, Zhōngwén) is 'n Sino-Tibettaanse taal wat veral in die Volksrepubliek China, die Republiek China, Hongkong, Macau, Singapoer, Thailand, Indonesië en Maleisië gepraat word. Chinees is met 1,3 miljard sprekers die grootste taal in die wêreld. Daar is baie dialekte, waarvan die belangrikste Mandaryns, Wu, Kantonees, Min, Xiang, Hakka en Gan is. Chinees word met Chinese karakters (Tradisionele Chinees en Vereenvoudigde Chinees) geskryf en die amptelike stelsel waarmee albei in die Latynse alfabet transkribeer word, is Hanyu pinyin.
Chinees 汉语; 漢語 of 中文 Hànyǔ of Zhōngwén | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Volksrepubliek China Republiek van China Singapoer Indonesië Maleisië Thailand | |
Gebied: | China, Taiwan, Singapoer, Hongkong, Macau, Indonesië, Maleisië, Thailand, Verenigde State, Kanada en ander plekke met aansienlike oorsese Chinese gemeenskappe | |
Totale sprekers: | onbekend (1,2 miljard aangehaal tussen 1984 en 2001)[1][2] | |
Rang: | 1 | |
Taalfamilie: | Sino-Tibettaans Chinees | |
Skrifstelsel: | Chinese karakters, zhuyin fuhao, braille Latynse alfabet Arabiese alfabet Cyrilliese alfabet Antieke gebruik van Phagspa-skrif | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Volksrepubliek China Hongkong Macau Republiek van China Singapoer Verenigde Nasies | |
Gereguleer deur: | Nasionale Kommissie van taal en skryf[3] Nasionale Taalkomitee Raad vir die Bevordering van Mandaryns Raad vir die Chinese Taalstandardiseringsbeleid | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | zh | |
ISO 639-2: | zho | |
ISO 639-3: | zho | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Chinees is die moedertaal van die Han- en die Hui-Chinese en deur hul emigrasie in talle gebiede van die wêreld word dié taal ook in lande soos Australië, Filippyne, Japan, Kanada, Mianmar, Rusland, Peru, die Verenigde State en Viëtnam gepraat, wat van Chinees 'n wêreldtaal maak.
Mandaryn-Chinees is die amptelike taal van die Volksrepubliek China met sy spesiale administratiewe streke Hongkong (saam met Engels en Kantonees) en Macau (saam met Kantonees en Portugees), asook die omstrede Republiek China op Taiwan. Daarbenewens vorm Chinees saam met Engels, Maleis en Tamil die amptelike tale van Singapoer en saam met Arabies, Engels, Frans, Russies en Spaans die amptelike tale van die Verenigde Nasies.
Dialek | Alternatiewe benamings | Sprekers | Hoofverspreiding |
---|---|---|---|
Mandaryns | Noord-Chinese dialekte, Beifanghua (北方話 / 北方话), Beifang Fangyan (北方方言) | 960 miljoen | China, Taiwan, Hongkong, Macau, Singapoer, Indonesië en Maleisië |
Wu | Wúyǔ (吳語 / 吴语), Wuyueyu (吳越語 / 吴越语), Gangnanhua (江南話 / 江南话), Gangzhehua (江浙話 / 江浙话) | 80 miljoen | China: Yangtzemonding, Sjanghai |
Kantonees of Yue | Yuèyǔ (粵語 / 粤语), Guangdonghua (廣東話 / 广东话), Guangfuhua (廣府話 / 广府话), selde: Baihua (白話 / 白话) | 63 miljoen | China: Guangxi, Guangdong, Hongkong, Macau; Maleisië |
Min | Mǐnyǔ (閩語 / 闽语), Fujianhua (福建話 / 福建话) | 60 miljoen | China: Fujian, Guangdong, Hainan, Zhejiang, Jiangsu, Taiwan; Suidoos-Asië |
Xiang | Xiāng yǔ (湘語 / 湘语), Hunanhua (湖南話 / 湖南话) | 37 miljoen | China: Hunan, Guangxi, Guizhou, Sichuan, Shaanxi |
Hakka of Kejia | Kejiayu (客家語 / 客家语), Kèjiāhuà (客家話 / 客家话) | 33 miljoen | Suid-China, Taiwan, Suidoos-Asië, Indië, Japan |
Gan of Kan | Gàn yǔ (贛語 / 赣语) | 22 miljoen | China: Jiangxi, Hubei, Hunan, Anhui, Fujian |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.