Wapen van Carcassonne
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die huidige wapen van Carcasonne word soos volg beskryf:
- In blou, besaai met fleurs-de-lys in goud met die stadspoort met twee torings aan weerskante bedek in silwer, gemessel, ajouré en oop met swart, die poort gesluit (coulissée) ook in silwer daaroorheen 'n skild in rooi, belaai met 'n paaslam in silwer aan die hoof, omwind met 'n stralekrans in goud, wat 'n wapen (panonceau) dra ook in goud oorgelê met 'n klein veldkruis[1]
Die wapen is die resultaat van die samestelling van die voorheen aparte wapenskilde van die ville haute (boonste stad) en ville basse (onderste stad), waar op die onderste stad se wapen aangepas is met 'n kleiner skild bo die stadspoort wat verteenwoordigend is van "de France moderne".
Daar bestaan 'n aantal variasies op die skild:
- Die veld van die hoofskild is nie altyd besaai met fleurs de lis nie;
- Die torings is soms uitgebeeld as couvertes (bedek), gestel as "en clocher" (met klok)
- Die kleiner skild in die veld is soms ook besaai met fleur-de-lys in goud, en ter selfde tyd met skildsoom "cousu" met silwer…
- Die paaslam en sy bybehore word op baie verskillende maniere beskryf (met of sonder tête contournée, met of sonder stralekrans, laagenoemde krans word soms beskryf as crucifère (kruisdraend), en die kruis is soms silwer, soms goud).
Die rede wat aangegee word vir die verskeie variasies, en veral die kleiner skild, is dat die klein grootte daarvan dit moeilik maak om die detail te lees.