Wapen van Kaapland
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die wapen van Kaapland was die amptelike heraldiese simbool van die Kaapkolonie vanaf 1875 tot 1910, en die Kaapprovinsie vanaf 1910 tot 1994. Die wapen word nie meer amptelik gebruik nie.
Die amptelike wapenbeskrywing is:
- Wapen: In rooi, 'n klimmende leeu, getong en genael van blou, vergesel van drie ringe, alles goud; op 'n skildhoof van silwer drie blou koeke, elk belaai met 'n fleur-de-lis van goud.
- Helmteken: Die figuur van die Hoop, gekleed in silwer met blou mantel, rustende met die regterarm op 'n rots en met die linkerhand geplaas op 'n swart anker met kabel van natuurlike kleur.
- Skildhouers: Regs 'n swartwildebees en links 'n gemsbok, albei van natuurlike kleur.
- Wapenspreuk: SPES BONA.[1]
Tot 1952, was die figuur van die Hoop in blou geklee.