Wladiwostok
From Wikipedia, the free encyclopedia
Wladiwostok (Russies: Владивосто́к, [vlədʲɪvɐˈstok], luister (hulp·inligting), letterlik: "heerser oor die ooste") is die hoofstad van die Primorski-krai in die ooste van Rusland en het 'n geraamde bevolking van 604 901 (2018).[1] Die Wladiwostok Internasionale Lughawe is naby aan die stad geleë, en die stad se hawe is die basis van die Russiese Vloot in die Stille Oseaan.
Ligging in Oos-Rusland | Wapen |
Vlag | |
Land | Rusland |
Krai | Primorski-krai |
Koördinate | 43°8′N 131°54′O |
Gestig op | 2 Julie 1860 |
Stadstatus | 22 April 1880 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 331,16 vk km |
Hoogte bo seevlak | 171 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2018-beraming) | 604 901 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 814/vk km |
Tydsone | UTC+11 |
Burgemeester | Jewgeni Poesjkarjof |
Amptelike webwerf | www.vlc.ru |
Wladiwostok is naby die Russiese grens met beide Noord-Korea en die Volksrepubliek China geleë; Harbin in die Volksrepubliek China is sowat 515 km (320 myl) in die weste en Sapporo in Japan is sowat 775 km (482 myl) oos oorkant die See van Japan.