Wêreldtentoonstelling
From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Wêreldtentoonstelling, in Frans Exposition Universelle Internationale of Exposition Mondiale (kort Expo) genoem, in Engels (en hier veral in die Verenigde State) bekend as World's Fair, is 'n groot internasionale uitstalling wat gehou word om die deelnemende lande se nuutste tegniese prestasies en ander ontwikkelinge op verskeie gebiede aan 'n belangstellende internasionale publiek te vertoon. Gewoonlik word hiervoor 'n besondere terrein gekies wat met sy pawiljoens en ander uitstallingsruimtes ook argitektoniese aantreklikhede vir besoekers bied. Vir deelnemende lande en ondernemings word nuwe uitvoergeleenthede ontsluit.