2010 RF12

asteroïde From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

2010 RF12 is 'n baie klein asteroïed, wat geklassifiseer is as 'n nabyaardevoorwerp van die Apollo-groep. Dit het op 8 September 2010 tussen die Aarde en die Maan deur beweeg en bo Antarktika sowat 79 000 km van die Aarde af gekom.[1] Die asteroïed is op 5 September 2010 deur die Mount Lemmon-opname in Arizona ontdek saam met 2010 RX30.[2][3] Weens 'n kort waarnemingstydperk van sewe dae is dit vir 12 jaar geklassifiseer as die asteroïed met die grootste kans om die Aarde te tref.[4]

Kitsfeite Ontdekking, Ontdek deur: ...

2010 RF12 is in Augustus 2022 herontdek[5][2] en het nou 'n waarnemingstydperk van 12 jaar. Sy wentelbaan is dus beter bekend. Met die tyd van 2022 se oorsig, wat niegravitasionele kragte in ag geneem het,[6] was daar 'n kans van 1 uit 10 dat dit die Aarde op 5 September 2095 kan tref.[7]

Remove ads

Verwysings

Skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads