2017-’18 Pro14-seisoen

Rugbykompetisie tussen Europese en Suid-Afrikaanse rugbyspanne in 2017-’18 From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Die 2017-’18 Pro14-seisoen (ook bekend as die Guinness Pro14 weens borgskapredes) het op 1 September 2017 afgeskop, met die eindstryd wat op 26 Mei 2018 gespeel is. Dit was die sewentiende seisoen van die kompetisie wat oorspronklik as die Keltiese Ligabeker bekend gestaan het, die eerste van die vergrote 14-span-toernooi en die eerste toernooi wat as Pro14 bekend staan (dit was voorheen as Pro12 en die Keltiese Ligabeker bekend).

Kitsfeite Deelnemende lande, Kampioen ...

Die veertien spanne wat aan die kompetisie deelgeneem het verteenwoordig Ierland (Connacht, Leinster, Munster en Ulster), Italië (Benetton Treviso en Zebre), Skotland (Edinburgh en Glasgow Warriors), Suid-Afrika ( Cheetahs en Southern Kings) en Wallis (Cardiff Blues, Dragons, Ospreys en Scarlets).

Remove ads

Kompetisieformaat

Op 18 Mei 2017 het Europese Professionele Klubrugby (EPKR) veranderinge aangekondig vir hoe Pro14-spanne vir die Europese Rugbykampioenebeker kwalifiseer. Aan die einde van die 2017-’18-seisoen sal die sewe beste spanne outomaties kwalifiseer vir die 2018-’19 Europese Rugbykampioenebeker, ongeag die land van oorsprong (voorheen moes die sewe kwalifiseerders ten minste een span van Ierland, Wallis, Skotland en Italië elk insluit.[1] Die twee Suid-Afrikaanse spanne kom nie in aanmerking vir EPKR-toernooie nie.

Op 30 Junie 2017 is finaal besluit dat die Cheetahs en Southern Kings nie meer aan die Superrugbykompetisie gaan deelneem nie, en dat hulle by die Pro12 ingelyf sou word. Die twee spanne, die Suid-Afrikaanse Rugbyunie en Keltiese Rugby Beperk, organiseerder van die Pro12, het nie kommentaar hierop gelewer nie.[2] Hul betrokkenheid is egter op 1 Augustus 2017 bevestig.[3]

Die veertien spanne word in twee groepe van sewe spanne elk verdeel, elk met twee spanne van Ierland en Wallis en een span van Italië, Skotland en Suid-Afrika.[4] Die rondomtaliedeel bestaan uit 21 rondtes – twaalf tuis- en wegwedstryde teen spanne van dieselfde groep, sewe wedstryde, hetsy tuis of weg, teen spanne van die ander groep en twee streeksderbies.[2][5] Die uitspeelwedstryde sal vir die eerste keer ’n rondte van twee kwarteindstryde hê voor die halfeind- en eindstryde.[6]

Remove ads

Punte

Meer inligting Groep A, Span ...

Tabelnotas & Kompetisiereëls

Tabelnotas

  • Pos = Tabelposisie
  • S = Speel
  • W = Wen (4 punte)
  • G = Gelykop (2 punte)
  • V = Verloor (0 punte)
  • PV = Punte vir (Totale punte aangeteken)
  • PT = Punte teen (Totale punte afgestaan)
  • +/– = Punteverskil (Die totaal van PV minus PT punte)
  • DV = Drieë gedruk
  • DT = Drieë afgestaan
  • DBP = Drieëbonuspunt
  • VBP = Verliesbonus
  • PTE = Alle punte wat behaal is
Remove ads

Wedstryddatums

Meer inligting Datum ...
  • Nota: Afskoptye is in die land waar die wedstryd gespeel word
Voorafgegaan deur
2016-’17 Pro12
Pro14
2017-’18
Opgevolg deur
2018-’19 Pro14

Rondte 1

Rondte 2

Rondte 3

Rondte 4

Rondte 5

Rondte 6

Rondte 7

Rondte 8

Rondte 9

Rondte 10

Rondte 11

Suid-Afrikaanse derby

Rondte 12

Suid-Afrikaanse derby

Rondte 13

Rondte 14

Rondte 15

Rondte 16

Rondte 17

Rondte 18

Rondte 19

Rondte 20

Rondte 21

Oordeelsdag

Uitspeelwedstryde

Kwarteindronde Halfeindronde Eindronde
                             
  5 Mei 2018     18 Mei 2018  
 Vlag van Wallis Scarlets 43      Vlag van Skotland Glasgow Warriors 13  
 Vlag van Suid-Afrika Cheetahs 8      Vlag van Wallis Scarlets 28     26 Mei 2018
              Vlag van Wallis Scarlets 32
  5 Mei 2018     19 Mei 2018     Vlag van Ierland Leinster 40
   Vlag van Ierland Munster 20          Vlag van Ierland Leinster 16    
   Vlag van Skotland Edinburgh 16      Vlag van Ierland Munster 15    


Kwarteindronde

Halfeindronde

Eindronde

Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads