African Content Movement
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die African Content Movement (ACM) is 'n Suid-Afrikaanse politieke party wat in Desember 2018 gestig is deur die voormalige SABC-waarnemende hoofbedryfsbeampte, Hlaudi Motsoeneng.[2][3]
Motsoeneng het by die party-bekendstelling aangevoer dat indien hy president word, die land self in 90% van sy behoeftes sal voorsien, dat die ekonomie in die hande van die mense sal wees, dat maatskappywerknemers aandeelhouers sal word, dat buitelandse maatskappye gedwing sal word om die land te verlaat en dat maatskaplike toelaes verminder sal word.[2][3]
Die party het tans twee setels in Gauteng se munisipaliteite nadat plaaslike raadslede van die Randfontein People’s Party by die ACM aangesluit het.[4]
In Maart 2019 het Motsoeneng die voormalige president, Jacob Zuma, aangemoedig om by die ACM aan te sluit. Hy het gesê dat hulle dieselfde sienings oor transformasie deel.[5]
Die party het aan die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2019 deelgeneem met Motsoeneng, saam met aktrise en voormalige Idols-beoordeelaar Marah Louw onderskeidelik in eerste en tweede plek op die party se nasionale lys. Die party het geen setels gewen nie.
Die party het aan die algemene verkiesing van 2024 deelgeneem en slegs 0,03% van die stemme gekry. Die party kon nie enige setels wen nie.
Remove ads
Verkiesingsresultate
Nasionale verkiesings
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads