Afrikaner-Broederbond

From Wikipedia, the free encyclopedia

Afrikaner-Broederbond
Remove ads

Die Afrikaner-Broederbond (AB) was tussen 1918[1] en 1994 ’n geheime, eksklusief wit en manlike Protestantse kultuurorganisasie in Suid-Afrika. Die oogmerke was om vooruitstrewende eensgesindheid onder Afrikaners te skep en Afrikanertradisies en die Afrikanerkultuur op alle lewensterreine te bevorder. Die organisasie is in 1918 deur H.J. Klopper, H.W. van der Merwe, D.H.C. du Plessis en ds. J.F. Naudé, vader van ds. Beyers Naudé.[2] gestig. Die organisasie het tot 1920 as Jong Zuid Afrika bekend gestaan, waarna dit amptelik na die Afrikaner Broederbond hernoem is.[3]

Hierdie artikel handel oor die Afrikaner Broederbond. Vir sy latere inkarnasie, sien Afrikanerbond (vereniging). Vir die politieke party wat in 1881 deur S.J. du Toit gestig is, sien Afrikanerbond (party).
Thumb
Die leiers van die Afrikaner Broederbond in 1918: Agter (vanaf links tot regs): Daniel H.C. du Plessis, J. Combrink, H. le R. Jooste.
Voor: L.J. Erasmus, Henning J. Klopper, ds. William Nicol, J. E. Reeler
Thumb
Ds. J.F. Naudé het die Bond help stig.
Thumb
Prof. Wicus du Plessis, voorsitter van 1930 (toe hy sowat 33 jaar oud was) tot 1932.
Thumb
Prof. Joon van Rooy, voorsitter van 1932 tot 1938.
Thumb
Prof. H.B. Thom, voorsitter van 1952 tot 1960.
Thumb
Dr. Piet Meyer, voorsitter van 1960 tot 1970.

Die Broederbond was lank ’n politieke twisappel nadat genl. J.B.M. Hertzog dit in die jare dertig as eerste minister aangeval het en die volgende eerste minister, genl. J.C. Smuts, dit in die jare veertig gedoen het. In Desember 1944 is staatsamptenare verbied om lid te wees en die verbod het bly staan tot na die Nasionale Party in 1948 die bewind oorgeneem het.[4]

Gedurende die apartheidsjare was meeste regeringsministers, asook invloedryke kerkleiers, akademici, professionele, militêre en polisiebeamptes lede van die vereniging. Dit was gereeld aangetyg en altyd ontken dat die belangrike besluite van die Suid-Afrikaanse staat deur die toe baie geheimsinnige Broederbond gemaak is. In Julie 1968 het appèlregter D.H. Botha in opdrag van die regering die sake van die Broederbond (saam met ander geheime organisasies) ondersoek. Hy het die Broederbond van alle blaam onthef.[4]

In 1979 het die boek Broederbond: The Super-Afrikaners, deur Ivor Wilkins en Hans Strydom, groot opslae gemaak omdat dit nie net ’n exposé van die Broederbond was nie, maar ook ’n bylaag van 139 bladsye gehad het waarin die naam, beroep en ander inligting van elke lid van die Broederbond verskyn het.

Remove ads

Leiers

Die voorsitters van die Broederbond was:[3]

Meer inligting Naam, Titel ...
Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads