Al-Hadid
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Al-Hadîd (Arabies: الحديد, "Yster") is die 57ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 29 ajat, of verse, en is vermoedelik in Medina aan Mohammed geopenbaar. Die naam van die soera kom uit vers 25.
Remove ads
Opsomming
Nes baie ander hoofstukke van die Koran word die beloning van die gelowiges en die straf van die ongelowiges in die hiernamaals bespreek. In vers 25 word vertel van die apostels wat na vorige nasies gestuur is. In vers 26-27 word ook die profete Noag, Abraham en Jesus genoem wat met die evangelie uitgestuur is. In vers 28-29 word Christene aangemoedig om Moslems te word.[1]
Verwysings
Skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads