Al Capone

From Wikipedia, the free encyclopedia

Al Capone
Remove ads

Alphonse Gabriel Capone (17 Januarie 189925 Januarie 1947) was 'n berugte Amerikaanse bendeleier in die 1920's en 1930's, alhoewel daar klaarblyklik "tweedehandse meubelhandelaar" op sy besigheidskaartjie gestaan het. Vanweë ’n litteken op sy wang was hy ook as Scarface bekend.[1]

Kitsfeite Gebore, Sterf ...
Thumb
Al Capone op 17 Junie 1931.

Alphonse Capone is in Brooklyn (New York Stad) gebore, waar hy in kleindiefstal betrokke was en waar hy ook 'n snywond opgedoen het (vandaar sy bynaam). Hy het gedurende sy opgang in die kriminele wêreld na Chicago verhuis, waar hy bekend geword het as die stigter van die Chicago Outfit, 'n familie in die Amerikaanse Mafia.[2]

Hy is veral bekend vir sy aandeel in die 'St Valentine's Day Massacre' in Chicago, waar sewe lede van 'n ander bende koelbloedig op 14 Februarie 1929 geskiet is.

Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads