Aldi

From Wikipedia, the free encyclopedia

Aldi
Remove ads

Aldi ('n afkorting van Albrecht-Discount, "Albrecht-afslagwinkel") is 'n Duitse supermarkketting wat in 1946 in Mülheim an der Ruhr in die deelstaat Noordryn-Wesfale deur die broers Karl (1920–2014) en Theo Albrecht (1922–2010) gestig is (alhoewel die onderneming se oorspronge terugstrek tot 1913).. Die onderneming is later opgedeel in Aldi Nord (bestuur deur Theo) en Aldi Süd (bestuur deur Karl). Buitelandse dogtermaatskappye het in Europa en oorsee (Verenigde State en Australië) ontstaan.

Kitsfeite Tipe, Gestig ...
Thumb
'n Aldi-winkel in 2015
Thumb
Vanaf 2016 is'n moderniseringsprogram onderneem waarin die "Aldi-winkel van die toekoms" sentraal staan
Thumb
Aldi-supermark in Londen

Aldi het sy groot sukses in die kleinhandelsbedryf aan sy innoverende konsep te danke – met 'n beperkte verskeidenheid wat hoofsaaklik uit generiese produkte van hoë gehalte bestaan en wat gewoonlik sowat die helfte minder kos as vergelykbare handelsmerke, eenvoudig toegeruste winkels, 'n voortdurend geoptimeerde logistiek en 'n weeklikse aanbod van nie-voedselprodukte soos tekstiele, elektroniese verbruikersware en ander teen lae pryse.

Remove ads

Aldi in die Verenigde State

In die Verenigde State doen Aldi Nord sake onder die naam Trader Joe's.[2]

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads