Ali MacGraw

Amerikaanse aktrise From Wikipedia, the free encyclopedia

Ali MacGraw
Remove ads

Elizabeth Alice "Ali" MacGraw (gebore op 1 April 1939)[1][2] is ’n Amerikaanse aktrise, model, skrywer en diereregte-aktivis.

Kitsfeite Geboortenaam, Geboorte ...
Remove ads

Loopbaan

Van 1960 af het MacGraw ses jaar lank by Harper's Bazaar gewerk as ’n fotografie-assistent[2] en daarna by Vogue as ’n model. Sy was ook ’n ruk lank ’n binneversierder.

Sy het haar toneelspelloopbaan in TV-advertensies begin. Die eerste rolprent waarin sy aandag getrek het, was Goodbye, Columbus (1969), waarvoor sy die Golden Globe vir die mees belowende nuweling gewen het. Sy het egter internasionaal roem behaal met haar rol in 1970 se Love Story teenoor Ryan O'Neal. Sy is vir ’n Oscar benoem en het die Golden Globe vir beste aktrise in ’n drama gewen. Dit was een van die prente wat die meeste geld nog laat inrol het.[3] In 1972 is sy gekies as die top- vroulike loketster in die wêreld.[4]

MacGraw het in 1972 in die misdaadprent The Getaway gespeel en is daarna met haar medester Steve McQueen getroud. Later was sy in die aksiefliek Convoy (1978) en die TV-minireeks The Winds of War (1983). In 1991 het sy haar outobiografie, Moving Pictures, gepubliseer.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads