Altaïes

taal From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Altaïes is ’n taal van die Turkiese taalfamilie. Dit is naas Russies die amptelike taal van die Republiek van Altai en is voor 1948 Oirot genoem. In 2002 het sowat 67 900 mense dit gepraat.

Kitsfeite Altaïes Алтай тили, Altay tili, Amptelike status ...
Remove ads

Klassifikasie

Vanweë sy afgesonderde posisie in die Altaiberge en kontak met omringende tale, word die klassifikasie van Altaïes binne die Turkiese taalfamilie dikwels betwis. Weens sy geografiese nabyheid aan die tale Sjor en Chakas word dit soms in die Noord-Turkiese subgroep geplaas.[2]

Vanweë ooreenkomste met Kirgisies word dit soms ook saam met die Kiptsjak-tale geklassifiseer.

Verspreiding

Altais word hoofsaaklik gepraat in die Republiek van Altai (Suid-Altai) en die Altai-krai (Noord-Altai). Dit is saam met Russies die amptelike taal van die Republiek van Altai. Die amptelike taal is geskoei op die suidelike dialek, maar dit het in onlangse jare ook na die noordelike dele versprei.

Dit is tussen 1928 en 1938 met die Latynse alfabet geskryf. Sedert 1938 word die Cyrilliese alfabet gebruik.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads