Turkiese tale

taalfamilie From Wikipedia, the free encyclopedia

Turkiese tale
Remove ads

Die Turkiese tale is ’n taalfamilie van minstens 35[1] tale wat deur Turkse volke van Suidoos-Europa en die Middellandse See-gebied tot Siberië en Wes-China gepraat word, en daar is voorgestel dat dit saam met Mongoolse, Toengoesiese en Japannese tale, Koreaans asook Ainoe deel van die omstrede Altaïese taalfamilie uitmaak.[2][3] Dié taalfamilie bestaan uit ses groepe, naamlik die Suidwestelike (Ogoesies), Suidoostelike (Karloek/Oeigoer), Khalaj, Noordwestelike (Kiptsjak), Tsjoewasjies (Oghoer) en Noordoostelike (Siberiese Turkiese tale). Soms word die Turkiese tale ook in twee takke verdeel: Bolgar en Algemene Turkiese tale.[4]

Kitsfeite
Thumb
Lande en outonome deelgebiede waar Turkiese tale amptelike status geniet of deur die meerderheid gepraat word:

 Lande met 'n amptelike Turkiese taal

 Outonome gebiede met 'n amptelike Turkiese taal

 Provinsies waar 'n Turkiese taal deur 'n meerderheid gepraat word

 Lande waar 'n Turkiese taal deur 'n minderheidsbevolking van minstens 50 000 mense gepraat word

Remove ads

Sprekers en eienskappe

Thumb
Diagram van Turkiese tale volgens moedertaalsprekers

Turkiese tale word deur sowat 170 miljoen mense as moedertaal gepraat, en daar is altesaam meer as 200 miljoen sprekers.[5][6][7] Die Turkiese taal met die meeste sprekers is Turks, wat hoofsaaklik in Anatolië en die Balkan gepraat word. Die moedertaalsprekers van dié streke maak 40% van alle sprekers van Turkiese tale uit.[3]

Kenmerkende eienskappe van die Turkiese tale soos klinkerharmonie, saamklewing en die gebrek aan taalkundige geslag, word in al die tale aangetref.[3] Sprekers van die verskillende Ogoesiese tale kan mekaar ook redelik goed verstaan; dit sluit in Turks, Azerbeidjans, Turkmeens en Krim-Tataars.[8]

Remove ads

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads