Amenemhat II
Egiptiese farao From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Noebchaoere Amenemhat II was die derde farao van die 12de Dinastie van Antieke Egipte. Min is bekend oor sy bewind van 35 jaar, nie eens die naam van sy koningin nie.[1] Sy troonnaam, Noebchaoere, beteken "Goud is die Siele van Ra".[2]
Remove ads
Lewe
Hy was die seun van Senoesret I en sy hoofvrou, Neferu III. Die belangrikste rekord van sy bewind is op fragmente van ’n annale steen van Memphis. Dit vertel van sy vroeë bewind, insluitende skenkings aan verskeie tempels, van Nubiërs wat hom besoek, ’n veldtog na Sirië en die vernietiging van twee stede. Hy het in sy 33ste bewindsjaar sy seun, Senoesret II, as medeheerser aangestel om te verseker dat hy hom opvolg.
Sy Wit Piramide is by Dahsjoer gebou. Verskeie koninklike vroue is saam met hom begrawe, sommige met goue juweliersware. Vier grafkelders (drie koninklik) het ongeskonde gebly tot in 1894/5, toe dit ontdek is deur Jacques de Morgan.[3]
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads