Ananke-groep
groep onreëlmatige mane van Jupiter waarvan die wentelbane ooreenstem met dié van die grootste maan in die groep From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Ananke-groep is ’n groep onreëlmatige mane van Jupiter waarvan die wentelbane ooreenstem met dié van die grootste maan in die groep, Ananke, en wat waarskynlik dieselfde oorsprong het.

Die mane se afstand van Jupiter is in die omgewing van 19,3 en 22,7 gigameter. Hulle het ’n inklinasie van tussen 145,7° en 154,8° en ’n eksentrisiteit (afwyking) van tussen 0,02 en 0,28. Die vernaamste lede van groot tot klein is:[1][2]
- Ananke
- Praxidike
- Iocaste
- Harpalyke
- Thyone
- Euanthe
- Euporie
Die Internasionale Astronomiese Unie (IAU) gee name wat op "e" eindig aan die mane in dié groep.
Remove ads
Oorsprong
Die Ananke-groep het vermoedelik ontstaan tydens ’n botsing van ’n asteroïde wat in Jupiter se wentelbaan vasgevang is. Die oorspronklike voorwerp was vermoedelik so groot soos Ananke, wat die grootste deel van die oorspronklike massa behou het.[3] Drie van die mane het ook dieselfde grys kleur, terwyl Ananke self op die grens tussen grys en ligrooi is.[4]
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
