Anemometer

From Wikipedia, the free encyclopedia

Anemometer
Remove ads

'n Anemometer is 'n instrument wat gebruik word om windsnelheid te meet. Die mees algemene soort bestaan uit drie klein bakkies wat op 'n vertikale draaispil gemonteer word. Hoe groter die windsnelheid, hoe vinniger roteer die bakkies. Ervare waarnemers kan die windsnelheid taamlik akkuraat skat sonder die gebruik van instrumente. Sulke skattings word gewoonlik aangedui as punte op die Beaufortskaal, wat wissel van windsterkte 0 (kalm) tot windsterkte 12 (orkaan).

Thumb
Anemometer

Die sterkte van die wind hang af van die derde mag van die windsnelheid (), en dit beteken dat geringe fluktuasies in die windsnelheid groot veranderinge ten opsigte van die beskikbare energie sal veroorsaak. 'n Twintigpersent-afname in die windsnelheid sal byvoorbeeld die windenergie met ongeveer die helfte verminder. Ligte winde is nie in staat om die generators te draai nie, terwyl skade aangerig kan word indien die masjien in winde sterker as 30 m·s-1 gebruik word.

Remove ads

Sien ook

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads