Animisme

From Wikipedia, the free encyclopedia

Animisme
Remove ads

Animisme (van die Latynse anima, "asem", "siel", "lewe")[1] is die geloof dat voorwerpe, plekke en wesens almal 'n eie gees besit.[2][3][4][5] Daarvolgens lewe alle dinge – diere, plante, rotse, riviere, weerstelsels, menslike handewerk en, in sommige gevalle, woorde.

Thumb
Animisme het gelei tot die geloof in baie geeste in die Russiese folklore soos die lesji, of woudgees.

Beskrywing

Animisme word in die antropologie van godsdiens gebruik as 'n term vir die geloofstelsels van baie inheemse volke,[6] in teenstelling met die relatief onlangser ontwikkeling van georganiseerde godsdienste.[7] Animisme fokus op die bonatuurlike heelal (buite logiese fondamente en prosesse): spesifiek op die begrip onstoflike siel.[8]

Hoewel elke kultuur sy eie mitologieë en rituele het, word gesê animisme beskryf die algemeenste, fundamentele wese van inheemse volke se "spirituele" of "bonatuurlike" perspektiewe. Die animistiese perspektief is vir die meeste inheemse volke so algemeen dat hulle dikwels nie 'n woord in hulle taal het wat met "animisme" (of selfs "godsdiens") ooreenstem nie.[9]

Grootliks vanweë sulke etnolinguistiese en kulturele afwykings wissel opinies oor of animisme verwys na 'n voorvaderlike ondervindingsmodus wat algemeen onder die inheemse volke van die wêreld is of na 'n volledige godsdiens uit eie reg. Die huidig aanvaarde definisie van animisme is eers in die laat 19de eeu (1871) ontwikkel deur die Britse antropoloog Edward Tylor. Dit is "een van antropologie se vroegste begrippe, indien nie die vroegste nie".[10]

Animisme lei tot 'n geloof in onder andere water-, woud- en boomgeeste.

Remove ads

Verwysings

Skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads