Anshan
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Anshan (Chinees: 鞍山) is 'n stad in die Chinese provinsie Liaoning met 'n bevolking van 3 645 884 in 2010. Die stad is geleë in die noordooste van China naby die kus van die Oos-Chinese See en noord van die Noord-Koreaanse grens.
Die stad is 'n belangrike nywerheidstad. Anshan is in die 14de eeu gestig en in 1587 gefortifiseer. Tydens die Boxer-opstand van 1900 en die Russies-Japannese Oorlog (1904–1905) is die stad erg beskadig en later heropbou. Tussen 1918 en 1937 is die stad geïndustrialiseer en tydens die Tweede Chinees-Japannese Oorlog weer erg beskadig. Teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog is dit deur Sowjet-magte geplunder. In die 1950's is die stad herbou.
Remove ads
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
