Chinees

taalgroep van die Sino-Tibettaanse taalfamilie From Wikipedia, the free encyclopedia

Chinees
Remove ads

Chinees (Vereenvoudigde Chinees: 汉语, Tradisionele Chinees: 漢語, Pinyin: Hànyǔ, letterlik: "Han-taal" of 中文, Zhōngwén) is 'n Sino-Tibettaanse taal wat veral in die Volksrepubliek China, die Republiek China, Hongkong, Macau, Singapoer, Thailand, Indonesië en Maleisië gepraat word. Chinees is met 1,3 miljard sprekers die grootste taal in die wêreld. Daar is baie dialekte, waarvan die belangrikste Mandaryns, Wu, Kantonees, Min, Xiang, Hakka en Gan is. Chinees word met Chinese karakters (Tradisionele Chinees en Vereenvoudigde Chinees) geskryf en die amptelike stelsel waarmee albei in die Latynse alfabet transkribeer word, is Hanyu pinyin.

Thumb
Die woord Hànyǔ ("Han-taal") geskryf in Tradisionele Chinese (links) en Vereenvoudigde Chinese (regs) karakters
Kitsfeite Chinees 汉语; 漢語 of 中文 Hànyǔ of Zhōngwén, Amptelike status ...
Remove ads

Verspreiding

Chinees is die moedertaal van die Han- en die Hui-Chinese en deur hul emigrasie in talle gebiede van die wêreld word dié taal ook in lande soos Australië, Filippyne, Japan, Kanada, Mianmar, Rusland, Peru, die Verenigde State en Viëtnam gepraat, wat van Chinees 'n wêreldtaal maak.

Ampstaal

Mandaryn-Chinees is die amptelike taal van die Volksrepubliek China met sy spesiale administratiewe streke Hongkong (saam met Engels en Kantonees) en Macau (saam met Kantonees en Portugees), asook die omstrede Republiek China op Taiwan. Daarbenewens vorm Chinees saam met Engels, Maleis en Tamil die amptelike tale van Singapoer en saam met Arabies, Engels, Frans, Russies en Spaans die amptelike tale van die Verenigde Nasies.

Remove ads

Dialekte van Chinees

Thumb
Verspreiding van Chinese dialekte
Meer inligting Dialek, Alternatiewe benamings ...

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads