Apennyne

From Wikipedia, the free encyclopedia

Apennynemap
Remove ads

Die Apennyne is 'n bergreeks in die middel van Italië wat van die noordweste tot in die suide van die land strek. Die bergreeks word in drie hoofdele gedeel: die noordelike Apennyne, sentrale Apennyne en suidelike Apennyne.[1]

Thumb
Die Apennyne-bergreeks
Thumb
Die Abruzzo Nasionale Park

Die bergreeks is 1 350 kilometer lank en strek van Ligurië in die noordweste tot in Kalabrië in die suidooste. Die hoogste berg, Corno Grande in die Abruzze-streek, is 2 912 meter hoog. Die mees suidelike gletser van Europa word hier aangetref, maar dit is sedert 1794 besig om te kwyn.[2]

Die suidelike berge is halfdroog. Die oostelike hange na die Adriatiese See is steil, terwyl westelike hange voetheuwels vorm waarlangs die meeste van die skiereiland se stede gevestig is.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads