Apollo 16
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Apollo 16 was die tiende bemande sending van die Apollo-program en die vyfde sending om op die maan te land.
Sendingwapen | |
![]() | |
Sendingstatistiek | |
Sendingnaam: | Apollo 16 |
Roepteken: | Beheermodule: Casper Maanmodule: Orion |
Bemanningslede: | 3 |
Lansering: | 16 April 1972 17:54:00 UTC Kennedy-ruimtesentrum LC 39A |
Maanlanding: | 21 April 1972 02:23:35 UTC
|
Maanuitstappies: | 20 uur 14 minute |
Tyd op maan: | 2 dae 23.0 uur |
Aardlanding: | 27 April 1972 19:45:05 UTC 0° 43' S, 156° 13' W |
Tydsduur: | 12 dae, 13 ure 52 minute |

Die bemanningslede: John W. Young, Kommandeur; Ken Mattingly, beheereenheid-vlieënier; en Charles Duke, maanmodule-vlieënier. Dit was 'n J-klas sending. Hulle het 95,71 kg se maanmonsters saamgebring.
Die Apollo 16-subsatelliet is gelanseer vanaf die sentrale module terwyl dit in 'n omwenteling om die maan was. Die subsatelliet het eksperimente uitgevoer oor magnetiese velde. Dit is gelanseer op 24 April 1972 teen 21:56:09 UTC en was in 'n wentelbaan om die maan vir 34 dae en 425 rewolusies. Dit het 'n massa van 36,3 kg gehad en bestaan uit 'n sentrale silinder en drie 1,5 m lange stutte.
Remove ads
Bemanning
Sendingparameters
- Massa:
- Lanseermassa: 2 921 005 kg
- Totaal ruimtetuig: 46 782 kg
- CSM massa: 30 354 kg, waarvan CM 5 840 kg was, SM 24 514 kg
- LM massa: 16 428 kg
- Aardomwentelinge: 3 voor vertrek na die maan, ongeveer een tydens terugkeer.
- Maanomwentelinge: 64
Die beheereenheid word tans uitgestal in die U.S. Space and Rocket Center, in Huntsville, Alabama.
Voorafgegaan deur: Apollo 15 |
Apollo-program | Gevolg deur: Apollo 17 |
Remove ads
Eksterne skakel
- Apollo 16-inskrywing in Encylcopedia Astronautica
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads