Aquitanium

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Die Aquitanium is die eerste chronostratigrafiese etage sowel as geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Neogeen (serie/epog Mioseen). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.

Meer inligting Periode/ sisteem, Epog/ serie ...

Die tydperk was van sowat 23,03 tot 20,43 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die Chattium en gevolg deur die Burdigalium.

Remove ads

Naam en definisie

Die Aquitanium is in 1853 deur die Switserse paleontoloog Karl Mayer-Eymar genoem na Akwitanië, ’n gebied in Suidwes-Frankryk. Die globale stratotipepunt van die etage lê in die Lemme-Carrosio-profiel by Carrosio, noord van Genua, Italië.[2]

Die basis van die etage word gedefinieer deur die begin van die magnetiese chronosone C6Cn.2, die eerste voorkoms van die Foraminifera Paragloborotalia kugleri en die laaste voorkoms van die nannoplankton Reticulofenestra bisecta; die bokant word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die Foraminifera Globigerinoides altiaperturus en die einde van die magnetiese chronosone C6An.

Remove ads

Verwysings

Bronne

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads