Ar-Rahman

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Ar-Rahmân (Arabies: الرحمان, "Die Barmhartige") is die 55ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 78 ajat, of verse. Dit is nie heeltemal duidelik of die hoofstuk uit die Mekkaanse of Medinese tydperk kom nie.

Kitsfeite
Remove ads

Opsomming

Die naam van die soera kom uit vers 1. Die goddelike naam "ar-Rahman" verskyn ook in die openingsteks voor elke soera, buiten soera 9 ("In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.")[1]

Daar is 'n meningsverskil oor of die hoofstuk uit die Mekkaanse of Medinese tydperk kom. Abdel Haleem het dit in sy vertaling van die Koran as Medinees gekategoriseer,[2][3] maar die meeste Moslemse geleerdes plaas dit in die Mekkaanse tydperk.[4][5]

Die hoofstuk kan temasties in rofweg drie afdelings verdeel word.[6]

  • Vers 1-30 vertel van God se skeppeingsvermoë en genade.
  • Vers 31-45 beskryf die oordeelsdag en die vreeslike straf wat op ongelowiges wag.
  • Vers 46-78, daarenteen, beskryf die beloning van die gelowiges in die Paradys.
Remove ads

Verwysings

Skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads