Aralmeer
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Aralmeer (Kasaks: Арал теңізі, Aral tenjizi; Oesbekies: Orol dengizi; Russies: Аральскοе море) was ’n meer tussen Kasakstan in die noorde en Oesbekistan in die suide. ’n Rowwe vertaling van die naam is "See van Eilande" – dit verwys na meer as 1 534 eilande wat vroeër daar voorgekom het; in Oud-Turks beteken aral "eiland" of "struik".[2]

Aralmeer | |
---|---|
![]() Die Aralmeer in 1989 en 2014 | |
![]() Tydlyn van inkrimping | |
Koördinate: | 45°N 60°O |
Ligging: | Kasakstan, Oesbekistan |
Soort: | Binnemeer |
Oppervlakte: | 17 160 km² (6 626 myl²) (2004, vier mere) 28 687 km² (11 076 myl²) (1998, twee mere) 68 000 km² (26 300 myl²) (1960, een meer) Noord: 3 300 km² (1 270 myl²) (2008) Suid: 3 500 km² (1 350 myl²) (2005) |
Gemiddelde diepte: | Noord: 8,7 m (29 vt) (2007) Suid: 14–15 m (46–49 vt) (2005) |
Maksimum diepte: | Noord: 42 m (138 vt) (2008)[1] 30 m (98 ft) (2003) Suid: 37–40 m (121–131 vt) (2005) 102 m (335 vt) (1989) |
Volume: | Noord: 27 km³ (6 myl³) (2007) |
Opvangsgebied: | 1 549 000 km² (598 100 myl²) |
Invloei: | Noord: Sirdarja Suid: net grondwater (voorheen Amoedarja) |
Nedersettings: | Aral, Kasakstan |
Dit was voorheen een van die grootste vier mere in die wêreld met ’n oppervlakte van 68 000 km². In die 1960's het dit geleidelik begin krimp omdat die riviere wat dit gevoed het, deur die Sowjetunie weggelei is vir besproeiingsprojekte.
Teen 2007 het dit tot 10% van sy oorspronklike grootte gekrimp en in vier mere verdeel: die Noord-Aralmeer, die oostelike en westelike komme van die eens veel groter Suid-Aralmeer en een kleiner meer tussen die Noord- en Suid-Aralmeer.[3] Teen 2009 het die suidoostelike meer verdwyn en die suidwestelike meer gekrimp tot ’n smal strook.[4]
Die meer is taamlik vlak, die grootste deel is dit nie dieper as tussen 10 en 20 m nie. Die kuste is oor die algemeen moerasagtig. Twee riviere vloei in hierdie meer, naamlik die Amoe Darja en Sir Darja. Albei riviere stort jaarliks miljoene ton slik in die meer. Die maksimum diepte van die Aralmeer is 42 m (2008).[1]
Die krimping van die Aralmeer is "een van die planeet se ergste omgewingsrampe" genoem.[5] Die streek se eens vooruitstrewende visbedryf is so te sê vernietig en dit het werkloosheid en ekonomiese teenspoed meegebring.
Die streek is ook erg besoedel en dit het ernstige gesondheidsprobleme tot gevolg gehad. Dit het na berig word ook die klimaat beïnvloed: somers is warmer en droër en winters kouer en langer.[6]
In ’n poging om die Aralmeer te red en weer van water te voorsien, het Kasakstan ’n damprojek in 2005 voltooi; in 2008 het die watervlak met 24 m gestyg vanaf sy laagste vlak in 2007.[7] Die soutinhoud het ook gedaal en genoeg vis kom weer in die meer voor sodat vissery lewensvatbaar kan wees.[8]
Die Aralmeer het talle eilandjies en skiereilande. In die winter is die noorsoostelike deel van die meer kliphard gevries. Steurvis en karpers word gevang en in die omgewing van die meer word natriumsulfaat gedelf. Die grootste kusdorp is Aralsk.
Remove ads
Fotogalery
- Die Aralmeer soos vanaf die ruimte afgeneem, 1985
- Die Aralmeer soos vanaf die ruimte afgeneem, 1997
- Die "hergeboorte"-eiland sluit by die vasteland in die middel van 2001 aan.
- Nasa-satellietbeeld van die Aralmeer in 2009
- Sandstorm oor die Aralmeer in Maart 2010
- Nasa-satellietbeeld van die Aralmeer in Augustus 2010, met 'n deel van die oostelike kom wat deur water van gesmelte sneeu oorstroom is.
- Nasa-satellietbeeld van die Aralmeer in 2014, die oostelike kom is heeltemal toegeslik
- Nasa-satellietbeeld van die Aralmeer in 2017
Remove ads
Verwysings
Bronne
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads