Assur

argeologiese terrein in Irak From Wikipedia, the free encyclopedia

Assurmap
Remove ads

Assur (Akkadies: Aššur, "Asjsjoer"; Aramees: Ātûr; Hebreeus: אַשּׁוּר; ook bekend as Qal'at Sherqat en Kalah Shergat) is die ruïnes van ’n stad uit die Nieu-Assiriese Ryk. Dit is op die westeroewer van die Tigrisrivier in die hedendaagse Irak geleë.

Kitsfeite

Die stad was bewoon van die middel 3de millennium v.C. tot die 14de eeu n.C., toe Tamerlane die inwoners laat uitmoor het. Assur was ook die naam van die hoofgod van die stad. Hy is beskou as die hoogste god in die Assiriese panteon en die beskermer van Assirië.

Die terrein is ’n Unesco-wêrelderfenisgebied, maar word van 2003 af as bedreig beskou weens onrus in die gebied en ’n voorgestelde dam wat deel van die terrein sal oorspoel. Dit is sowat 64 km suid van die voormalige Nimrod en 96 km suid van Nineve.

Remove ads

Eksterne skakels

35°27′24″N 43°15′45″O

Remove ads
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads