Australopithecus garhi

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Australopithecus garhi is 2,5 miljoen jaar oue fossiele wat in 1996 deur ’n navorsingspan onder die Ethiopiese en Amerikaanse paleontoloë Berhane Asfaw en Tim White ontdek is.[1] Sommige geleerdes glo dit is ’n voorsaat van die mens en dalk die direkte voorouer van die menslike genus, Homo.

Kitsfeite Australopithecus garhi Tydperk: Plioseen, Wetenskaplike klassifikasie ...
Remove ads

Ontdekking en morfologie

Die eerste fossiele is in 1996 in die Afar-kom van Ethiopië gevind. Op 20 November 1997 het die Ethiopiese paleoantropoloog Yohannes Haile-Selassie die vonds bevestig as A. garhi. Die naam garhi beteken "verrassing" in die plaaslike taal, Afar.

Die eienskappe van fossiele soos BOU-VP-12/130 verskil effens van dié in Australopithecus afarensis en Australopithecus africanus.[1] Navorsing op die voor- en agterkiestande toon ’n paar ooreenkomste met dié van Paranthropus boisei omdat hulle groter is as dié van ander Australopithecus-spesies.

’n Paar primitiewe stukke steengereedskap wat herinner aan Olduwan-tegnologie, is saam met A. garhi-fossiele gevind en dateer uit sowat 2,5 tot 2,6 miljoen jaar gelede.[2]

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads