Avril Malan

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Avril Stéfan Malan (9 April, 1937, Pretoria - ) was 'n Springbokrugbyspeler en -kaptein, in die slotposisie. Hy het in sestien toetse gespeel, tien daarvan as kaptein. Hy was Suid-Afrika se nege-en-twintigste Springbokkaptein.

Kitsfeite Volle naam, Geboortedatum ...
Remove ads

Vroeë lewe

Avril het grootgeword en skoolgegaan by Hoërskool Wonderboom in Pretoria. Sy pa was prof. Avril Malan en sy broer Magnus Malan, wat indertyd minister van verdediging in die Botha-regering was. Ná skool het hy in Stellenbosch gaan studeer.

Rugbyloopbaan

Op twintigjarige ouderdom het hy reeds vir die Westelike Provinsie gespeel as slot saam met Jan Pickard. In 1960 speel hy die eerste keer vir die Springbokke, teen die All Blacks. Alhoewel Avril korter as sy direkte teenstanders was, wen hy en Johan Claassen die lynstaanoorlog teen die All Blacks. Avril het ongelooflike veerkrag in sy bene gehad.

Hy word as kaptein gekies vir die derde toets – op drie-en-twintigjarige ouderdom. Hy was die jongste Springbokkaptein ooit. Hy neem twee toerspanne na die Britse Eilande, in 1960/61 en 1965. Hy speel nie in 1962 teen die Iere en Britse Leeus nie weens 'n besering. Hy speel teen die Wallabies in 1963 (kaptein in slegs een toets) en was weer kaptein in 1964 in die enigste toets teen Wallis. In 1965 was hy die kaptein van die rampspoedige toer na Ierland en Skotland. Hulle wen nie een wedstryd nie en Avril tree uit rugby – slegs agt-en-twintig jaar oud. Hy werk by die Transvaal-Unie en was die Springbokke se afrigter op die 1969/70-betogertoer na Groot Brittanje en Ierland.

Remove ads

Bron

Eksterne skakels

Voorafgegaan deur
Roy Dryburgh
Springbokkaptein
1960-1960
Opgevolg deur
Abie Malan
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads