Bambi

Amerikaanse animasiefilm van 1942 From Wikipedia, the free encyclopedia

Bambi
Remove ads

Bambi is 'n animasiefliek deur Walt Disney wat in 1942 vervaardig is. Die hoofkarakter is 'n fraai, saggeaarde witsterthertjie met dieselfde naam. Die fliek word veral onthou omdat dit so hartseer is.[4] Dit was Disney se vyfde tekenprent.

Thumb
Skermkiekie van Bambi, 1942
Voorskou vir Bambie, 1942
Kitsfeite Regisseur, Produksieleier ...

Die film is op 13 Augustus 1942 uitgereik, maar voorbereidings is al so vroeg as 1937 getref. Dit is gebaseer op die boek Bambi, ein Leben im Walde (1923) van die Oostenryks-Hongaarse outeur Felix Salten. 'n Opvolg op die film, Bambi II, is in 2006 vrygestel.

Die hoofkarakters is Bambi, sy ouers (die Groot Prins en sy ma), asook sy vriende Thumper ('n haas), Flower ('n muishond) en Faline, met wie hy later trou. Hoewel Bambi 'n witsterthert in die film is, is hy 'n reebok in die boek.

Bambi word by geboorte tot "Prins van die Bos" uitgeroep. Soos hy ouer word, raak hy met die ander diere in die bos bevriend, maar sy geluk draai toe sy ma deur jagters doodgeskiet is. Bambi leer om te oorleef en word later verlief. Op 'n dag kom daar weer jagters en Bambi word gedwing om so moedig soos sy pa, die Groot Prins, op te tree en die ander herte na veiligheid te lei.

Remove ads

Ontvangs

Resensies

Op Rotten Tomatoes gee 91% van 55 beoordelaars die rolprent 'n positiewe resensie, met 'n gemiddelde telling van 8,3/10.[5] Webwerf Metacritic bereik 'n telling van 91/100, gebaseer op 16 resensies.[6]

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads