Bas

From Wikipedia, the free encyclopedia

Bas
Remove ads

Bas is die buitenste omhulsel van die takke en stamme van houtagtige plante soos bome. Die doel van die bas is om die plant teen aanslae van buite te beskerm. Die bas van verskillende plante kan dramaties verskil: dit kan in 'n verskeidenheid van kleure voorkom, en die tekstuur kan wissel van grof tot glad.

Thumb
Die bas van 'n boom.

Kurk

Een van die gebruike van bas is die vervaardiging van kurk. Kurk is afkomstig van die kurkboom (Quercus suber) wat in die Mediterreense gebied groei en oorspronklik van Portugal afkomstig is. Kurk is elasties en 'n uitstekende termiese en akoestiese isoleerder wat byna ondeurdringbaar is en ook teen temperatuurskommelings bestand is.[1]

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads