Beige

From Wikipedia, the free encyclopedia

Beige
Remove ads

Beige is 'n baie ligte bruin kleur, onder andere beskryf as 'n vaal sand ligbruin kleur,[1] 'n grys-bruin,[2] 'n ligte grys-geelbruin, of 'n ligte tot grys geel.[3] Dit word deesdae gebruik vir 'n verskeidenheid van ligte skakerings wat gekies word vir hul neutrale of bleekwit voorkoms.

#F5F5DC
Thumb
Die benaming Beige kom van die Franse woord vir die kleur van natuurlike wol. Hierdie is vars-geskeerde wol van die "Royal Winter Fair".

Beige word as 'n kleurterm gebruik in die moderne sin in Frankryk sedert 1855–1860 en die skrywer Edmond de Goncourt gebruik dit in sy roman La Fille Elisa in 1877. Die eerste opgetekende gebruik van beige as 'n kleurnaam in Engels is in 1887.[4]

Sedert die 1920's het die betekenis van die term beige uitgebrei tot 'n punt waar dit nie net gebruik word vir 'n ligte geelbruin kleur nie, maar ook vir 'n wye verskeidenheid van ligte bruin- en ligbruinskakerings.

Beige is uiters moeilik om te produseer in tradisionele geneutraliseerde CMYK-drukwerk as gevolg van die lae vlakke van ink op elke plaat; dikwels sal dit in pers of groen druk en die resultate sal waarskynlik wissel in 'n enkele oplaag.

Remove ads

Kleurkoördinate

Volgens verskeie kleurskemas word beige as volg voorgestel:

Meer inligting Model, Koördinate ...

Sien ook

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads