Berbertale

tak van die Afroasiatiese taalfamilie inheems aan Noord-Afrika From Wikipedia, the free encyclopedia

Berbertale
Remove ads

Die Berbertale (Berbers: Tamaziɣt, Tamazight, ⵜⴰⵎⴰⵣⵉⵖⵜ [tæmæˈzɪɣt], [θæmæˈzɪɣθ]) vorm 'n tak van soortgelyke en naverwante tale en dialekte binne die Afro-Asiatiese tale wat in sommige dele van Noord-Afrika deur die inheemse Berbervolke gepraat word. Dié taalgroep bestaan uit 27 tale wat deur sowat 30 miljoen mense gepraat word. Soms word dit as een taal beskou wat uit aparte dialekte bestaan. Van die Berbertale word met die Tifinagh-skrif, die Arabiese of die Latynse alfabet geskryf.

Die woord "Tamazight" in Tifinagh-skrif
Thumb
Verspreiding van hedendaagse Berbertale
Kitsfeite Tamaziɣt / Tamazight ...

Die Berbertale word veral in Marokko en Algerië gebesig, waar dit ampstale is, asook in 'n kleiner mate in Libië, Mali, Niger, Tunisië, Burkina Faso, Egipte, Mauritanië en Wes-Sahara. As gevolg van die Berberse diaspora word Berbertale ook in lande soos België, Frankryk, Nederland, Duitsland, Spanje, Kanada, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State gepraat.

Erkenning van Berbertale het in die 21ste eeu toegeneem, met Marokko en Algerië wat Tamazight as 'n amptelike taal by hul grondwette gevoeg het, onderskeidelik in 2011 en 2016.

Tot die begin van die Middeleeue het die Berbertale 'n dialekkontinuum gevorm, wat as gevolg van die Islamitiese veroweringe en die uitbreiding van Arabies gefragmenteer is. Die grootste tale (volgens moedertaalsprekers) is: Kabilies (5,6 miljoen), Tachelhit (4 miljoen), Tamazight (2,5 miljoen), Tarifit (1,5 miljoen) en Tamasjek (1,2 miljoen).

Remove ads

Bronne

  • (fr) Chaker, Salem. 1995. Linguistique berbère: Études de syntaxe et de diachronie. M. S.—Ussun amaziɣ 8, ser. ed. Salem Chaker. Parys en Leuven: Uitgeverij Peeters

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Berbertale.
  • (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Berber". Ethnologue. Besoek op 30 Augustus 2020.
  • (en) "Berber languages". Encyclopædia Britannica. Besoek op 30 Augustus 2020.
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads