Bloeding

From Wikipedia, the free encyclopedia

Bloeding
Remove ads

Bloeding is die verlies van bloed uit 'n lewende liggaam. Die mediese term hiervoor is hemorragie. Dit kom voor as die bloedvate sodanig beskadig is, dat bloed daaruit ontsnap.[1]

Kitsfeite

Bloeding kan inwendig plaasvind, waar die bloed uit bloedvate in die liggaam lek, of uitwendig, hetsy deur 'n onderbreking in die vel, of deur 'n natuurlike opening soos die mond, neus of oor.

Skielike en ernstige bloeding kan tot skok lei en kan selfs noodlottig wees. Vinnige mediese ingryping is nodig. Langdurige, selfs geringe, bloedverlies lei gewoonlik tot bloedarmoede as die ystervoorraad van die liggaam opraak, en hemoglobien (bloedkleurstof) nie meer geskep kan word nie.

Thumb
Blou oog, 'n voorbeeld van inwendige bloeding.

'n Gesonde persoon kan 10% tot 15% van sy totale volume bloed sonder ernstige mediese probleme verloor. Tydens bloedskenking word ongeveer 8% tot 10% van die skenker se bloed getrek.[2]

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads