Boland

From Wikipedia, the free encyclopedia

Boland
Remove ads

Die Boland is die gebied van die Berg- en Breederiviervallei wat strek van Stellenbosch, Franschhoek en Worcester tot by Tulbagh in die noorde van die Wes-Kaap.[1] Die gebied het oorspronklik as "Bovenland" bekend gestaan om dit van die res van die land te onderskei, wat as die "Onderveld" bekend gestaan het. Dit word soms ook die Kaapse Wynland genoem, omdat dit die primêre streek vir die verbouing van Wes-Kaapse wyne is.

Vir Boland, die rugbyspan, sien Boland (rugbyspan).
Thumb
Duiwelspiek vanaf Tafelberg, met 'n uitsig oor die Boland. In die agtergrond is Tierberg, Perdeberg en Kasteelberg.
Thumb
Gebied 4 is die Boland Bergkompleks.

Die streek sluit die hele Suidwes-Kaap in, met die uitsondering van Kaapstad. Dit word oor die algemeen geag as die gebied tussen die mond van die Bergrivier en Swellendam, hoewel 'n meer akkurate beskrywing sou wees die dorpe Wellington, die Paarl, Franschhoek, Stellenbosch, Somerset-Wes, Strand en Gordonsbaai.

Op sportgebied, weer, is die Boland alle gebiede in die Wes-Kaap wat nie deur die Westelike Provinsie en die Suidwestelike Distrikte (S.W.D.) beslaan word nie. Dit is onder andere die tuiste van die Boland Kavaliers en die Bolandse Krieketspan.

Remove ads

Sien ook

Bibliografie

  • Andrag, Rudolf en Theuns van Rensburg: Berge van die Boland. In: Omgewing RSA. Department van Omgewingsake. Deel 12, nr. 5, Mei 1985
  • Jansen, J.P.: Die Boland. In: Ons Land. 'n Reeks van 65 praatjies uitgesaai in die Afrikaanse diens van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie van 1 September tot 16 November 1967.

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads