Bolied

From Wikipedia, the free encyclopedia

Bolied
Remove ads

’n Bolied (van die Griekse βολίς bolis, "missiel" of "om te flits")[2] is ’n uiters helder meteoor, veral een wat in die atmosfeer ontplof. In sterrekunde verwys dit na ’n vuurbal wat omtrent so helder soos die volmaan is. In geologie is ’n bolied iets wat ’n baie groot impak veroorsaak.

Thumb
’n Bolied (’n baie helder meteoor met ’n sigbare magnitude van -14 of helderder).
Thumb
’n Kaart van boliedvoorvalle oor die Aarde heen (1994–2013).[1]
Remove ads

Sterrekunde

Thumb
’n Animasie van ’n bolied wat in die atmosfeer ontplof.

Een definisie beskryf ’n bolied as ’n vuurbal wat ’n skynbare magnitude van -14 of helderder bereik, wat twee keer so helder soos die volmaan is.[3] Die IAU het nie ’n amptelike definisie nie en beskou die term "bolied" as ’n sinoniem vir "vuurbal", ’n buitengewoon helder meteoor, veral as dit ontplof (ook soms ’n ontploffende vuurbal genoem) of hoorbaar is.

’n Superbolied is ’n bolied met ’n sigbare magnitude van -17 of helderder.[3][4] Voorbeelde van superboliede is:

Remove ads

Geologie

Geoloë heg ’n effens ander betekenis aan die woord "bolied". In geologie is dit ’n liggaam wat ’n baie groot impak veroorsaak en ’n groot krater vorm; die samestelling daarvan (byvoorbeeld of dit ’n rots- of metaal-asteroïde of ’n yskomeet is) is onbekend.[5]

Galery

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads