Bonsai
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
'n Bonsai is 'n miniatuurplant, meestal 'n boomsoort, wat in 'n pot verbou word. "Bonsai" (Japannees: 盆栽) beteken "houer" of "potplant", dit wil sê bome wat in potte geplant word. Die boom moet onderhou word en sy blare en wortels moet gesnoei word. Die bome se groei word hierdeur gestrem sodat dit die vorm van 'n dwergboompie behou.

Geskiedenis
Daar word gesê dat die Chinese die eerste volk was wat bome (klein) gemaak het. Daarna het die Japannese die bonsaikuns aangeleer en verskillende style ontwikkel.
Style
Mens kry verskillende bonsaistyle:
Formeel regop Informeel regop Skuins op Verwaaide vorm Halfkaskadevorm Kaskadevorm Wysgeervorm Besemvorm Versperringvorm Rotsgesteunde vorm Rotsgedrapeerde vorm Stutwortelvorm Dubbelstamvorm Woudvorm Slingervorm
Bibliografie
- Ceronio, Charles: Bonsai. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 32, nr. 1, Desember 1982
- Kurscheid, Claudia: Klein boompies vir ruimhartiges. In: Suid-Afrikaanse Panorama. Jaargang 34, nr. 4, April 1989. ISSN 0-491-4783
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
