Braam Raubenheimer
Suid-Afrikaanse politikus (1920-2014) From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Abraham Jacobus (Braam) Raubenheimer (1920-2014) was 'n Suid-Afrikaanse politikus en die minister van Waterwese en Bosbou in die kabinet van president John Vorster.
Raubenheimer is in 1920 naby Vryburg gebore. Hy het in 1938 aan die Hoërskool Belfast gematrikuleer en daarna die graad BSc Agric aan die Universiteit van Pretoria verwerf.
Hy was vanaf 1966 tot 1980 LV vir Nelspruit, vanaf 1971 tot 1976 adjunkminister van Bantoe Ontwikkeling en vanaf 1976 tot 1980 Minister van Waterwese en Bosbou.
Die Braam Raubenheimerdam in die Krokodilrivier naby Lydenburg is na hom vernoem. Die dam se naam is later na die Kwenadam verander.
Hy is ook die skrywer van die boek "My Afrikaner Pad & Nalatenskap", wat in 1999 verskyn het.
Raubenheimer is op 8 Julie 2014 op 93-jarige ouderdom aan kanker oorlede. Hy word deur sy vrou en vyf dogters oorleef.[1]
Remove ads
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads