Build One South Africa

politieke party in Suid-Afrika From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Build One South Africa (BOSA) is 'n Suid-Afrikaanse politieke party. Dit word gelei deur Mmusi Maimane, die leier van die One SA Movement en die voormalige leier van die Demokratiese Alliansie. Die onderleier is Nobuntu Hlazo-Webster, stigter en sameroeper van die Suid-Afrikaanse Vrouekommissie. Die voorsitter van die party is die huidige Nelson Mandelabaai-onderburgemeester Mkhuseli Jack. Die party is op 24 September 2022 in Naledi, Soweto, van stapel gestuur.[1]

Die party het sy eerste tussenverkiesing in Oktober 2023 betwis en 1% van die stemme in die wyk een verkiesing in die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit gewen.[2]

Die party het aan die algemene verkiesing van 2024 as 'n "sambreelorganisasie" vir onafhanklike kandidate deelgeneem.[3] Maimane sal as die party se presidentskandidaat in die verkiesings staan.[4]

Die party het in 2024 0,41% van die nasionale stemme in die verkiesing gekry[5] en twee setels in die Nasionale Vergadering.

Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads