CAS-registernommer

From Wikipedia, the free encyclopedia

CAS-registernommer
Remove ads

’n CAS-registernommer,[1] ook die CAS-nommer genoem, is ’n unieke numeriese identiteitsaanduiding wat deur die Chemical Abstracts Service (CAS), ’n Amerikaanse chemiese inligtingsbron, aan alle chemiese stowwe toegeken word, insluitende organiese en anorganiese verbindings, minerale, isotope, allooie en materiale van onbekende samestelling en biologiese oorsprong.[2]

Thumb
Die CAS-registernommer van water is "7732-18-5"

Die CAS se register is ’n gesaghebbende versameling inligting oor chemiese stowwe. Dit bevat tans meer as 81 miljoen organiese en anorganiese stowwe en 64 miljoen proteïen- en DNS-reekse,[3] asook bykomende inligting oor elke stof. Sowat 15 000 stowwe word elke dag bygevoeg.[4]

Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads