Bashkirium

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Die Bashkirium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede in onderskeidelik die sisteem en periode Karboon (epog/serie Pennsylvanium). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.

Meer inligting Periode/ sisteem, Epog/ serie ...

Die Bashkirium was van sowat 323,2 tot 315,2 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die etage/tydsnede Serpukhovium en gevolg deur die Moskovium.

Remove ads

Naam en definisie

Die etage is genoem na die Russiese republiek Basjkirië in die suide van die Oeralgebergte. Die basis van die Bashkirium word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die Conodonta Declinognathodus nodiliferus en/of Idiognathoides postsulcatus[2] en die Fusulinida Aljutovella aljutovica.[3] Die tipeligging van die basis is in Arrow-canyon in Nevada, VSA.[4]

Biostratigrafie

In die biostratigrafie word die etage met behulp van gidsfossiele en Conodonta ingedeel in die volgende ses biosones:

  • die sone van Neognathodus atokaensis
  • die sone van Declinognathodus marginodosus
  • die sone van Idiognathodus sinuosus
  • die sone van Neognathodus askynensis
  • die sone van Idiognathoides sinuatus
  • die sone van Declinognathodus noduliferus
Remove ads

Verwysings

Bronne

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads